AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Mattress Zone - Vervanging van stukkende leer sitkamer stel | #106815

Mattress Zone
Vervanging van stukkende leer sitkamer stel

Ons het op 30 Desember 2010 'n leer sitkamer stel, wat op 'n uitverkooping was, gekoop vir R12 999.00 by Mattress zone te Wonderpark Sentrum.
Ons is meegedeel dat dit 'n egte leer stel was met 'n 1 jaar waarborg.
Voor die jaar waarborg verstrek het, het ons 'n klag gele omdat die spons binne in die banke onder begin uithang het en die leer het begin afskilfer.
Ons was baie onsteld omdat 'n regte leer stel, wat nog nie eers 'n jaar oud is nie, so maak. Ons het toe besef dat Mattress zone dit valslik geadverteer het as 'n egte leer stel om dit te kan verkoop.
Elke keer wat ons die saak opvolg is daar 'n nuwe werker en glo geen dokumentasie.
Op die 11 Aprl 2013 het 'n Mnr Muhammed ons gekontak via epos en 'n nuwe stel aangebied met die voorwaarde dat ons R2000 moes inbetaal aangesien die stel glo duurder is as ons vorige stel.
Ek het terug geantwoord deur hom daarop te wys dat as ons inflasie inreken ons geld inderdaad sal verloor as ons die nuwe stel vat.
Ek het hom die keuse gegee om ons die nuwe stel te gee sonder enige bybetaling of alternatiewelik ons oorspronklike geld terug te gee.
Ek het geen terugvoer sover gekry nie.

Date:

Company: Mattress Zone

Country: South Africa   City: Wonderpark Sentrum

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google