AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Rochester Home Decor - VERY POOR SERVICE AND CUSTOMER CAREw | #104778

Rochester Home Decor
VERY POOR SERVICE AND CUSTOMER CAREw

Ons het ons sitkamerstel einde Desember gekoop en Rochester het beloftes gemaak dat dit binne 'n week afgelewer sou word wat nie gebeur het nie. Na baie gekla het ons daarop aangedring op 'n leen stel totdat ons stel afgelewer sou word. Na 'n maand is ons stel eers afgelewer. 'n Maand later kom ons agter die een kant sitplek van die hoekstel wat uitskop het heeltemal platgeval dat jy die staal kan voel as jy daarop sit. Ons het by die tak gaan kla en daar is gereel om dit te kom haal. Dit was die 10 de April. 'n Week later bel 'n dame ons om ons terugvoer te gee oor die regmaak van die stoel en laat weet ons die armlening is vervang! Hoogs onteld se ek vir die dame maar dit was nie die probleem nie - die sitplek was die probleem. 'n Week het verby gegaan wat ons niks van Rochester gehoor het nie. Ons sukkel en bel nou al vir weke wat ons totdus ver geen terugvoering gekry het of 'n antwoord gekry het waar ons sitkamer bank is nie. Elke keer wat ons die tak kontak om uit te vind word daar vir ons gese hulle sal ons bel en die probleem uitsorteer. Dit is nou al 'n maand en ons het nog geen uitsluitsel nie en weet nie eers waar ons bank is nie!

Date:

Company: Rochester Home Decor

Country: South Africa   City: BRAKPAN, MALL @ CARNIVAL

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google