AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Media24 Magazines - Bestelling van Landbouweekblad - geen aflewering | #266090

Media24 Magazines
Bestelling van Landbouweekblad - geen aflewering

Ek boer deeltyds in die Vrystaat en woon in Kaapstad. Ek vind die Landbouweekblad 'n uiters insiggewende tydskrif en baie boeiend vir my as persoon. Verder het ek 'n geskenk ontvang vir 'n jaar se eksemplare. Die probleem is dit word nie afgelewer nie. Toevallig praat ek hierdie week met iemand wat dieselfde probleem gehad het en hy se toe vir my hy het maar sy publikasies net nie hernu nie. Die kool is die sous nie werd nie. Die mense daar belowe om te help, maar niks gebeur nie. Boodskappe by Me P Joubert help nie - sy doen net nie die moeite om terug te kom nie. Ek het vir me Tina Gamied gese ek wil nou maar my bestelling kanselleer tot ek besef maar daar is niks om te kanselleer nie. Niks het nog ooit gekom nie. Dit is jammer dat so 'n goeie tydskrif met sulke gebrekkige of totaal onvermoe bestuur moet word tov bestellings en aflewering. Moontlik is dit 'n geisoleerde twee gevalle - ek hoop so.
Hendrik Scott
083 740 6412

Date:

Company: Media24 Magazines

Country: South Africa   City: Cape Town

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google