AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: J J Hair - HARE AFSPRAAK NIE NAGEKOM NIE | #202918

J J Hair
HARE AFSPRAAK NIE NAGEKOM NIE

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om die mense en veral bruide te waarsku teen hierdie haarkappers. Ek het al maande terug met hulle 'n afspraak gemaak vir agt dames vir hulle hare die 31 Augustus 2013 vir 'n troue om 11h00. Die Vrydag 30 Augustus het ek nog my afspraak "confirm" met Jannie vir 11h00 die volgende dag by sy salon op die gronde van Magaliespark Lodge. Half twaalf die volgende dag was daar geen person by die salon nie en al die dames het daar opgedaag. Ek probeer hom bel maar sy foon is op voice mail. Los boodskappe maar hy kom nie terug nie, uiteindelik help iemand my om ander nommers te skakel en so kry ek hom in die hande. Sal hy my nie vertel hy is besig met 'n troue in Pretoria nie, en hy was onder die indruk dat ons deel is van daai troue. Wat onsin was. Hy wil weet hoe laat die troue begin en se sorry hy sal nie dit kan maak nie. Ek voel dit is baie onproffesioneel van hulle. Sodoende moes ek rond hardloop en ander haarkappers soek om agt vrouens se hare te doen vir my twee ure voor die troue.
So wees gewaarsku.

Date:

Company: J J Hair

Country: South Africa   City: Magaliespark, Skeerpoort

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google