AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Innovative Hair - GAAN N EKSTRA MYL | #205302

Innovative Hair
GAAN 'N EKSTRA MYL

Baie dankie aan die eienaar van Innovative Hair en haar span. Nadat Jannie en Johan van JJ Hair, Magaliespark nie ons afspraak vir agt dames nagekom het nie en ek nog ge"confirm" het Vrydag die 30ste oor die afspraak vir agt dames se hare vir 'n troue nie. Was ek paniekerig want ek ken nie die omgewing nie en ek weet ek moet nou dringend iemand kry vir die dames se hare het Anastasia van Greenleaves my julle nommer gegee om te skakel. Sy het dadelik vir my gese hulle is bereid om ons te help. Toe die ses dames daar aan kom het hulle klaar gereed gestaan en wag sodat hulle kan help. Hulle het so professioneel opgetree en die dames op hulle gemak laat voel. Baie dankie vir die kort kennisgewing dat julle bereid was om ons te help en om al die dames so mooi te maak vir die troue by Greenleaves. Daar is min mense wat uit hulle pad sal gaan op die laaste nippertjie en mens help. So ek wil nogmaals se ek waardeer dit en glo en hoop dat julle besigheid net geseend sal wees. Ek beveel defnitief hierdie haarkappers aan enige person aan. Baie dankie Irene Gouws

Date:

Company: Innovative Hair

Country: South Africa   City: Village Mall, Hartbeespoort

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google