AfricaComplaints.com » Recreation & Entertainment » Complaint / review: Dj s Recording Studios - Oppas vir die stuk! | #320436

Dj's Recording Studios
Oppas vir die stuk!

Ek sien elders op hierdie site kla iemand oor DJ's se swak houding. Ek wil dan graag my mening ook lug. Andre De Jager is maar 'n. Ek verneem vertroulik vanaf my dogter dat die man, wat met die suurgat Belinda getroud is en twee jong dogters het, vir haar suggestiewe boodskappe per BBM gestuur het. My kind was in April 2012 daar vir opnames en het teruggekom met die skok-nuus dat De Jager met haar flankeer het en per BBM gevra het sy moet vir hom kalerig aantrek met die volgende sessie.

Ek het die opnames summier gestop, tot in my diepse wese geskok. De Jager is 'n gevaarlike rokjagter wat agter 'n skans van pure moraliteit skuil! Ek werk ook in die klank industrie en is besig om by 'n paar ander dames navraag te doen. Ek kan noem dat ek besig is om grilfeite uit hulle te kry oor wat De Jager alles met hulle gechat het! Blykbaar is die man se modus operandi om naiewe jong sangeressies in te lok met sy aantreklikheid, baie geld en beloftes van groot roem. Hy vlei hulle oormatig, laat hulle verstaan hulle is vir hom beter as wat sy vrou ooit sal wees en speel rond met hulle tot hy moeg raak en na die volgende een begin soek.

Nee, genugtig! Iemand stop hom dadelik!

Date:

Company: Dj's Recording Studios

Country: South Africa   City: Fichardtpark

Category: Recreation & Entertainment

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google