Het reeds 2 weke gelede 'n afspraak gemaak vir vandag 4 uur. Was reeds 5 minute voor 4 daar. Daar aangekom is ek gegroet deur 'n nors dame wat ges? het - sit daar! (en wys na 'n papnat stoel). Ek het op 'n ander stoel gesit en wag. 10 minute oor 4 het ek gevra wie my gaan help want my afspraak was 4 uur. Met 'n kopknik het die ontvangsdame hoek toe gewys. Die dame het ges? sy is nou by my. 25 Minute oor 4 toe besluit ek om huis toe te kom want toe wag ek steeds. Ek wil voorstel dat indien afsprake agter raak 'n sms of oproep dalk aan die kliente gestuur word. Baie ongelukkig dat ek laat wag is.
0 comments