AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Bestmed Medical Scheme - KRONIESE MEDIKASIE BETAAL AS AKUUT | #139883

Bestmed Medical Scheme
KRONIESE MEDIKASIE BETAAL AS AKUUT

Goeie dag. Ek skryf maar in Afrikaans. Ons het 'n probleem met Bestmed in die sin dat hulle nie my vrou se
kroniese kolesterol medikasie, Aspavor, as kronies wil betaal nie. Hulle sit dit deur as akuut en gevolglik word dit van my spaargeld verhaal. Medikasie vir kolesterol is op die verpligte lys van kroniese medikasies en volgens Wet, moet dit so betaal word. Hulle verskoning is dat hulle nou die oorspronklike verslag soek van omtrent 15 jaar gelede vanaf 'n dokter wat nie eers meer hier is nie. Ons het die dokter probeer opspoor maar sonder sukses, en net daar steek hulle vas, of die 15 jaar oue verslag of ons betaal dit self in die vorm van ons spaarrekening. My vrou se probleem is 'n oorge-erfde probleem en sy mag nie 'n dag sonder medikasie nie. Wat vreemd is, my kolesterolmedikasie word betaal as kronies. Alles maak net nie sin nie en om met hulle te probeer praat, is so goed jy praat met 'n klip. Hulle luister net nie. Dit is nou die kantoor in Pretoria. Enigste oplossing is dat my vrou die medikaie moet los, haar kolesterol weer laat opgaan na 12 en dan bloedtoetse gaan doen. Dit is lewensgevaarlik. Hoop jy kan help en dankie.

Date:

Company: Bestmed Medical Scheme

Country: South Africa   City: Head Office, Pretoria

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google