AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Council for Medical Schemes - Laat aansluiting boetes | #117338

Council for Medical Schemes
Laat aansluiting boetes

Ek het reeds in Desember 2012 'n e-pos gestuur na die Raad op Mediese Fondse, eers na die 'support' e-posadres en na geen reaksie na die 'complaints' e-posadres. Ek het slegs een outomatiese rekenaar antwoord ontvang dat die navraag op die ontvanger se rekenaarskerm ontvang is en tot vandag was dit al reaksie van hulle kant. Dit is uiters swak en 'n belediging dat 'n belastingbetalende burger in hierdie land so deur 'n statutere liggaam behandel word en dis nie net hierdie instansie nie; ek het ook dieselfde van ander organisasies/instansies ervaar. Die ergste is dat al hierdie entiteite altyd een of ander gemoduleerde verskoning/verduideliking het maar nooit aan een daarvan skuldig is nie en sou hulle wees, niks daaromtrent doen om dit reg te stel nie. Verder word die landsburger se geduld op allerhande uittartende maniere so beproef dat hulle einde ten laaste moed opgee en alles laat vaar.

Date:

Company: Council for Medical Schemes

Country: South Africa   City: Suid-Afrika

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google