AfricaComplaints.com » Education & Science » Complaint / review: Snipper Snip Kleuterskool - Good Service | #11298

Snipper Snip Kleuterskool
Good Service

Ek is al vir baie, baie jare verbonde aan Snipper-Snip Kleuterskool en ek dink regtig dat die klagte rakende ons Kleuterskool se baba-afdeling uiters onvanpas is en naamskending is. Die baba-afdeling is van hoogstaande gehalte en die higiene uiters belangrik. Ek dink dat hierdie betrokke mamma dalk hand in eie boesem moet steek en bietjie ondersoek moet instel na ander skole, want sy gaan ver soek om 'n beter plek vir 'n babatjie te kry. Die ratio vir klein babatjies is 4 tot 1 in die Bytjieklas en 7 tot 1 in die Hondjieklas by die groter babas. Almal by Snipper-Snip is baie lief vir babas en kindertjies. Hulle behoeftes en belange kom altyd eerste. Elke baba word oorlaai met liefde. Ek dink dat elkeen wat die beste vir hul baba en kindjie wil he, Snipper-Snip moet kom besoek en hulself van die feite kom verwittig. Haar hantering van die probleem getuig van swak smaak en ek wonder of hierdie mamma op enige plek tevrede gaan wees. Dis net jammer dat sulke mense ander skade berokken vanwee hul eie onvergenoegdheid. Daar is baie van ons wat met die grootste lof van Snipper-Snip, sy personeel en die eienares kan getuig. Snipper-Snip is tops!!! Dankie vir alles deur die jare

Date:

Company: Snipper Snip Kleuterskool

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Education & Science

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google