AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: Nguni Grill - Dirty bathrooms | #72846

Nguni Grill
Dirty bathrooms

Ons gaan eet gereeld by Nguni en is mal oor die restaurant. Ons was verlede Vrydag weer daar gewees. Puik kos en puik diens. Die vrou wat by die kinderarea is is fantasties, Raba of so iets. Wat my wel elke keer ontstel is die badkamers wat vuil is. Ek het gesien daar is 'n bord op en dat die elke uur gediens word maar ek dink iemand moet dit bietjie "opcheck". Ons was 10 min na die vorige skoonmaak daar en die plek was vuil. Die vloer was vol stukkies toiletpapier en baie water op die wasbak.
Ek moes later my babatjie se doek gaan ruil. Eerstens het die badkamer na rook geruik omdat die kroeg naby is. Dit was vuil en het gestink. Die emmers en moppe en besems word daar gebere. Daar het 'n toiletsitplek (nuwe een) op die kassie gele. Die "bedjie" waarop die babas le is gebuig, my babatjie het heeltyd afgegly. Dit was regtig nie 'n aangename ondervinding nie. Ek hoop en glo dat julle na die probleempies sal omsien. Baie dankie, Leonie 081 426 1984

Date:

Company: Nguni Grill

Country: South Africa   City: Polokwane

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google