AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: Spur Steak Ranches - SWAK DIENS EN SWAK KOS | #287913

Spur Steak Ranches
SWAK DIENS EN SWAK KOS

Ek bly al vir jare in Mosselbaai en is 'n gereelde ondersteuner van Spur. Maar ek is baie teleurgesteld in die diens en gehalte kos wat by Heiderand Spur aangebied word. Ek het nog nooit daar ge-eet wat ek kan se dat die kos en/of diens goed was nie. En soveel mense kla daaroor. Dit is ook waarom ek besluit het om dit nou onder jul aandag te bring en hopelik sal daar aandag daaraan geskenk word. Ek het onlangs weer vriende (onder andere van Oudtshoorn) uitgeneem vir ete toe ek verjaar het. Ek was regtig in 'n verleentheid aangesien die kos van so swak gehalte (en uiters swak voorberei) en oneetbaar was - die chips was "oud" en oneetbaar, die hoendervlerkies was verbrand, die ribbetjies was aaklig... en so kan die lys aangaan! Ek wil nie eens dink hoe dit nou in die vakansie seisoen daar gaan nie... Ag nee man - so een restaurant is genoeg om mens sommer heeltemal van Spur in die algemeen af te sit!! Spur Heiderand sien ons verseker nie gou weer nie en ons sal hul defnitief ook nie aanbeveel nie!!! :-(

Date:

Company: Spur Steak Ranches

Country: South Africa   City: MOSSEL BAY / HEIDERAND

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google