AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Betaal al vier jaar n ander persoon se versekering | #27066

Absa
Betaal al vier jaar n ander persoon se versekering

Ek het my voertuig in 2008 gekoop en deur Absa finansier. Ek het destyds my voertuig deur Outsurance laat verseker. November 2012 verander ek my versekering na Kingt Price en stel Absa in kennis. Kry n brief van Absa om my in kennis te stel dat my voertuig paaiement agterstallig is met R5500-00. Ek vind toe uit by Absa dat daar n Hollard versekering uitgeneem is deur hulle. Ek kontak die versekerings afdeling by Absa en gee vir hulle my voertuig rekening nommer. My id nommer met iemand anders se voorletters en telefoon nommer. Die dame verseker my dat Absa die probleem sal regstel. Einde Januarie moes ek R3000-00 meer op my voertuig premie betaal, want die dreigbreiwe van Absa kom in soos treine in Jhb stasie. Nou wil ek baie graag weet, wie is nou regtig verantwoordelik vir hierdie R630-00 maandelikse versekerings premie by Hollard? Een of ander Absa amptenaar het lekker droog gemaak en nou moet ek daarvoor betaal. Komaan Absa, hierdie is nie etiese gedragskode nie, nog minder is dit hoe n bank n klient van 25 jaar behoort te behandel. Is daar enige persoon by Absa wat vir my hierdie probleem kan uitsorteer ASSEBLIEF?

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Hoofkantoor

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google