Ek en my dogter het op Saterdag Mnr Landsberg na Capitec geneem om 'n sakie daar af te handel. Mnr Landsberg is baie siek en gekoppel aan 'n suurstofapparaat. Sonder enige huiwering is Mnr Landsberg onmiddelik na die dienskonsultant se lessenaar geneem waarna Melly Alexander die nodige hulp aangebied het om die dokumentasie te voltooi en die sakie af te handel. Niks was moeite nie en sy was uiters hulpvaardig en geduldig! Baie dankie Capitec Kollenade se bestuurder en Melly vir julle uitstaande diens Saterdag 27 Julie.
0 comments