AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Kia Motors South Africa - GOEIE DIENS GELEWER DEUR LIZ | #74492

Kia Motors South Africa
GOEIE DIENS GELEWER DEUR LIZ

Ons was op soek na 'n motor vir my en was na 3 weke se gesoek al baie moedeloos toe ek die Saterdag middag by Kia Tygerberg beland het. Ons het met 'n dame met die naam LIZ begin gesels en ek kon sien sy het 'n ongelooflike kennis van motors gehad en geweet waarvan sy praat en na 'n lekker lang gesprek en baie oorweging asook met haar uitstekende hulp het ons toe besluit op 'n demonstrasie model Kia Rio Sedan.
Sy het ons die hele tyd met baie geduld behandel, al was dit al lankal toemaak tyd vir haar. Sy was bereid en het ook daai ekstra myl gestap en vir ons uitstekende diens gelewer tot en met die aflewering van die motor. Ek kon haar enige tyd skakel of sommer net "inpop" en sy was altyd vriendelik en behulpsaam.
Tien uit tien vir hierdie dame se ongelooflike en uitstaande diens aan ons gelewer. Sy is beslis 'n aanwins vir Kia se verkoopspan.
Ons is baie tevrede met ons Rio en sal hom beslis aanbeveel vir enigiemand wat belangstel.

Date:

Company: Kia Motors South Africa

Country: South Africa   City: TYGERBERG

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google