AfricaComplaints.com » Traveling & Tourism » Complaint / review: Zambesi Toere - TOER VOLDOEN NIE AAN VEWAGTINGE NIE | #186341

Zambesi Toere
TOER VOLDOEN NIE AAN VEWAGTINGE NIE

Ek en my eggenote het vanaf 9 Augustus 2013 `n toer aangebied deur Zambesi Toere na ZIMBABWE meegemaak. Wat `n toer was waar ons na uitgesien het, het later geblyk nie `n groot sukses te wees nie. Treine was laat en gebreek wat gemaak dat ons agter skedule geraak het.`n Dagtoer na GWERU het verander in `n een en halfuur besoek aan `n diere rehabilitasiesentrum. Die eerste dag se besoeke van besienswaardighede in Bulowayo het verskuif na die laaste dag wat ook nie in sy totaliteit gerealiseer het nie. `n Besoek aan die MATOPPO reservaat het nie geraliseer nie aangesien die pad volgens die toerleier vir ongeveer 4 kilometer onbegaan was, navraag by die AA in Bulowayo het hulle aangedui die pad makeer niks nie. Beloftes van gelde vir etes is deur die toerleier gemaak wat nie gerealiseer het nie. Geen behoorlike rekenskap was van persone op die bus gehou nie, wat meegebring het dat vier van ons van `n taxi gebruik moes maak om by die groep aan te sluit. Al die besoeke soos aangedui in die inligtingstuk voor die toer het nie realiseer nie Kos was goed voorbrei ongeag persone wat voedsel vergiftiging opgedoen het. Die gebrek aan behoorlik bestuur het ontbreek op die toer.

Date:

Company: Zambesi Toere

Country: South Africa   City: PREORIA

Category: Traveling & Tourism

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google