AfricaComplaints.com » Traveling & Tourism » Complaint / review: Klaas De Boer Toere - Klaas de Boer weet hoe om te toer! | #156859

Klaas De Boer Toere
Klaas de Boer weet hoe om te toer!

Vorige kere wanneer ons oorsee gegaan het, het ons ons eie ding gedoen. Toe ons hierdie jaar besluit om vir die eerste keer met 'n toergroep deur Europe te toer, was ek maar benoud.

Met gereelde en goedingeligte e-mails en foon gesprekke het alles netjies in plek geval. Die toer was 'n wonderlike ondervinding. Ons het alles gedoen wat op die toerlys aangedui was asook 'n hele paar heerlike ektra verrassings. Inligting was interessant, genoeg gestop vir foto's, toilette en bene rek. Hotelle was gerieflik, etes aangenaam en menige vriendskappe gesmee. Ons toergids, Christel, het ons vertel waar om goedkoper geskenkies of eetgoed te kry en wat om te vermy.

My enigste bekommernis nou is dat die volgende toer nie sal kan kers vashou by Klaas de Boer se toere nie. Dus al ons weer saam met hulle moet toer en hopelik ons nuwe virende saamneem. Vyf goue sterre vir Klaas de Boer Toere. Wat 'n belewenis. En nogmaals dankie aan Christel vir haar geduld met almal van ons. (Selfs toe ek op St Markus plein in Venesia soek geraak het) You are the best!!

Date:

Company: Klaas De Boer Toere

Country: South Africa   City: Country wide

Category: Traveling & Tourism

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google