AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Auto And General - Luister mooi, hulle verneuk jou | #188830

Auto And General
Luister mooi, hulle verneuk jou

My vrou het versekering op haar naam vir ons motor en huisinhoud uitgehaal. Dit is ons eerste keer wat ons versekering uithaal en daarom weet ons nie wat is al die moets en moenies nie. In die oproep wat sy met die aggent gehad het is vir haar gevra of ons R60 000 huis inhoud versekering wil byneem saam ons motor versekering en sy het ja geantwoord en daar het al die inligting geeindig. Gisteraand val ek met my laptop en die screen breek. Toe ek vra of ons dit kan eis word daar vir my ges? ons moes dit gespesifiseer het, maar dit is nooit aan ons genoem aan die begin nie. Ons moes ook blykbaar dokumente ontvang het, maar dit het nooit by my uitgekom nie en daar is nie vir ons ges? om die pos dop te hou nie. Ek het menige oproepe gemaak, maar almal stuur my van die een ou na die ander. As ek pos verwag het sou ek geskakel het om uit te vind waar dit is. As hulle my in die begin van alles laat weet het ek moet iets soos 'n laptop verklaar sou ek want ek werk elke dag op die ding. Die manier waarop hulle inligting weergee en die manier hoe hulle getroue betalers en kli? nte behandel laat veel te wense oor. Ek gaan my rekening kanselleer. Vir hulle kom die klient laaste!

Date:

Company: Auto And General

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google