AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Vodacom - DIE SWAKSTE OPGELEIDE PERSONEEL | #92086

Vodacom
DIE SWAKSTE OPGELEIDE PERSONEEL

Ons het my dogter se selfoon, wat op 'n maandelikse kontrak is, ingehandig by Vodacom Key West. Die foon is van daar na Vodacom Four Ways gestuur. Vrydag 19 April skakel ek om uit tevind hoe ver die foon is, en die Dumi se teen Woensdag op die laatste.Net daarna skakel hy my en se dat die eis afgekeur is om die foon Desember 2012 laas gebruik is. Die foon word daagliks gebruik. Hy stel toe voor dat ek Claims skakel en daar praat ek met James, omdat daar geen bestuurder is nie. Hy se die eis is nie afgewys maar dat hul vir 'n report wag, en dat ek dit moet bekom. Ek skakel toe vir Dumi en vra dat hy die report doen aangesien die foon in hul besit is. Dumi se die verslag is gedoen en hy sal die verslag vir my epos waarna ek dit vir James kan stuur. Na nog 4 oproepe het ek nog geen verslag ontvang. Weet enige iemand by VODACOM wat hulle doen, of moet die kliente namens hulle dink???

Date:

Company: Vodacom

Country: South Africa   City: Fourways

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google