AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - NOTIFY ME SYSTEM | #72859

Absa
NOTIFY ME SYSTEM

'n Tjek was inbetaal in my rekening op 20 Maart 2013. Ek het 'n SMS ontvang wat wys dat my saldo gekrediteer is met die bedrag van die tjek. Die SMS het gewys dat dit beskikbaar is omdat my saldo meer was met die tjek se bedrag. Die SMS wys glad nie dat die bedrag nie beskikbaar is nie, dus het ek die goedere wat 'n klient gekoop het laat afhaal. Op 25 Maart 2013 ontvang ek weer 'n SMS wat aandui "onbetaalde tjek". Ek wil weet hoekom wys die SMS stelsel dat die bedrag by my vorige saldo bygevoeg is, maar daar is geen aanduiding dat dit nie beskikbaar is nie. Omrede dit 'n ABSA SMS is het ek vertrou dat als in orde is anders sou ek nooit die goedere laat gaan het nie. Ek wil weet hoe kan ek my bank ABSA vertrou as ek nie eers hulle notify me kan vertrou nie? Ek wil graag weet wat staan my nou te doen as klient aangesien ek die een is wat 'n verlies gely het nadat ek die SMS van die bank vertrou het aangesien dit my nuwe saldo aandui. Daar is geen aanduiding op die SMS dat die saldo en die beskikbare bedrag verskil nie. Help asb.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: BEN SWART

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google