AfricaComplaints.com » Security » Complaint / review: Fidelity Security Services - Incorrect billing and NO RESPONSE AT ALL | #87501

Fidelity Security Services
Incorrect billing and NO RESPONSE AT ALL

Fidelity trek debiet orders teen my rekening soos wat julle die state aanpas maar nooit word ons per skrif meegedeel van verhogings tot die dienste nie. Ek het tot en met Desember 2012 'n bydrae van R 482-79 betaal. Januarie 2013 se debiet order was 'n bedrag van R 702-72 wat julle gevorder het sonder kennisgewing van 'n verhoging of verhoging tot admin fooie. Verder is die maand fooie nou betaalbaar, 'n bedrag van R 523-83 ook weereens sonder enige kennisgewings.
Op die staat vir 04.03.2013 is daar 'n bedrag van R 674-40 uitstaande op my rekening en nugter alleen weet hoekom nie. Vat die krediet van R 219-93 en skryf dit af teen die kwansys uitstaande bedrag van R 370-50 want julle wys dit so mooi uit op die rekening as 'n KREDIET maar nerens word dit aangewend nie. Dit voel net vir my asof die 24 maande nou 'n 24 jaar kontrak geword het want volgens my moes ons slegs 'n 24 maande kontrak met julle onderteken vir die huur van die toerusting en daarna sou die kontrak opbetaald gemaak gewees het. Ek versoek eerstens 'n afskrif van my getekende kontrak alvorens ek enige verdere premies gaan betaal.

Date:

Company: Fidelity Security Services

Country: South Africa   City: Pretoria Noord

Category: Security

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google