AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Nashua Mobile - System Error on account | #303675

Nashua Mobile
System Error on account

Ek het begin Nov 2013, my selfoon kontrak opgegradeer van 'n BIS Talk na n Smart Medium (R299 p/m), en het gevra dat die ekstra diens (sms bundle) wat op die rekening is afgehaal word, en dat hulle 'n "soft lock"op my rekening moet sit as die hele rekening, ALS ingesluit, by R400 kom. Dis nooit gedoen nie, my nuwe paket is verkeerd op die sisteem gelaai. Ek het n sms gekry middel Des dat die foon nou gesoft lock is, maar blykbaar het die airtime/data bly loop. Dit terwyl ek nie eers kon bel, sms of data gebruik nie.
Dit sou 1 Jan reggestel gewees het en ek sou na 'n nuwe paket ge"migrate" word op geen kostes aan my nie. Dit het ook nie gebeur nie. Met navraag gister is daar gese dat daar n system error op my rekening is, hulle gaan my softlock tot 1 Feb, so eks basies foonloos tot Feb, en nou betaal ek al vir 2 maande - R1200 (wat R400 moes wees) vir system errors en omdat mense nie hulle werk reg doen nie. Daar is 'n add on op die rekening wat niemand weet wat is nie ek gebruik volgens die sisteem R165 se internet per dag, dit terwyl ek daagliks 7am - 5pm op wifi ingelog is. Ek sal in my lewe nie weer besigheid doen met Nashua Mobile nie.

Date:

Company: Nashua Mobile

Country: South Africa   City: Bothaville

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google