AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Game - Rekening Vouche | #283653

Game
Rekening Vouche

Ons het einde Julie 2013 'n rekening oopgemaak by Game. Toe die rekening goedgekeur is, het hulle ges? dat ons 'n R400.00 Game Voucher gaan kry. Op die dag wat die rekening oopgemaak is, het ons 'n R250.00 Voucher gekry en hulle het ges? dat hulle die ander R150.00 voucher vir ons gaan stuur in die pos. Na vele oproepe en e-mails, het ek eers die Voucher laas week gekry. Toe ons Game toe gaan en die voucher wil gebruik, toe s? hulle dat ek eers vir 'n bedrag van R1500.00 moet koop op die rekening voor die voucher gebruik kan word. Ek het nie soveel op die rekening om te koop vir daai bedrag nie. Hulle kan mos sien hoeveel ek al gespandeer het op die Game rekening. Dis nie ons skuld dat hulle die voucher nou eers gestuur het nie. Die voucher verval die 31ste Januarie 2014. So ek kan net sowel die voucher nou in die drom gooi. Hy gaan my niks help nie. Wat kan ek doen daar omtrent? Ek het vir hulle hoofkantoor gemail oor die probleem, maar het nog niks van hulle gehoor nie.

Date:

Company: Game

Country: South Africa   City: Middelburg Mall

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google