AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Jacaranda 94.2 - Die alewige herhalings en herhalings | #238648

Jacaranda 94.2
Die alewige herhalings en herhalings

Daar is GEEN rede hoekom ons MISHANDEL moet word deur julle alewige herhalings van dieselfde advertensies nie.

As dit nie die ding van die van die oorlede tannie is wat haar krieket held ontmoet het nie dan is dit die advertensies van die mishandeling van vroue en kinders of die high tea wat deur Kurt en Dunay ge-host word.

Jislaaik man julle karnuffel (MISHANDEL) ons met dieselfde goed oor en oor en oor.

Wees innoverend en kreatief.

Julle radiostasie het baie vinnig baie saai en "pap" geword.

Ek weet julle cater vir 'n wye luisteraars gehoor maar jislaaik - julle hoef definitief nie die kreatiewe aspekte van julle personeel stomp af te trap nie.

Om 'n omelet te maak MOET jy 'n paar eiers breek.

Julle TV kanaal gaan seker dieselfde besigheids model beoefen?
Dieselfde programme oor en oor en oor met 'n baie definitiewe Indiese flavour?
Dis mos wie julle is.

En hoeveel betaal Monsanto julle om daai klomp gemors uit te saai?
Lyk my julle sal ook geld van enige iemand af aanvaar - hoe oneties of gevaarlik hulle ookal is?
As die geld goed is dan sal julle ook enige scrap uitsaai.

Date:

Company: Jacaranda 94.2

Country: South Africa   City: HOOFKANTOOR

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google