AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Nedbank - Minagting vir Afrikaans | #47518

Nedbank
Minagting vir Afrikaans

Kry hierdie oproep oor my kaart wat verval, vra om asb in Afrikaans bedien te word, sal my terugskakel. Twee minute later bel dieselfde persoon my weer asof hy nooit van my gehoor het nie. Beloof hulle sal weer bel. Daar bel dieselfde man my weer en vra ek moet aanhou vir iemand in Afrikaans en omdat ek in die kar was en julle aanhou strategie ken - enige persoon wat lank genoeg aanhou val later daarvoor om Engels te praat - vra ek dat die persoon my direk skakel, wat hy toe belowe sal gebeur.

Dae later, geen oproep.

Geagte Nedbank, na die patetiese en arrogante houding wat julle besigheidbankdienste teenoor my gehad het, het ek alreeds julle opgradering van my kaart geweier en het ek belowe ek sal nie my kaart verleng as hy verval nie.

Die tyd is nou daar, my petrolkaart is reeds stukkend gesny en na 04/13 hoef julle nie vir my 'n kaart te stuur nie, so moet my asb nie bel daaroor nie, veral nie in Engels nie! Daar is genoeg mense daar buite wat julle arrogansie sal aanvaar omdat hulle verlee is, nie ek nie.

En vir die arrogante man by besigheidsbankdienste wat nie my toekomsvisie van R5 miljoen omset wou glo nie en smalend daaroor was, dit was laasjaar R14 miljoen en groei!

Date:

Company: Nedbank

Country: South Africa   City: Kaartafdeling

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google