AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Beeld - Weereens | #103098

Beeld
Weereens

Die Beeld is getrou vir drie jaar afgelewer en het skieilik gestop. Na nie aflewering vir 'n maand, is gevind dat die adres op die stelsel verander het na ons vorige adres. Aangesien ons getrek het, sou ons dit nie verander het na die ou adres nie. Die adres is verander na die regte adres en ons het vir 'n paar weke weer die koerant gekry. Van die begin van Mei 2013 het die koerant weer nie gekom nie. Niks het aan ons kant verander nie. Volgens my gaan 'n maandelikse debietorder af. Dit sal waardeer word indien julle dit kan regstel. Aangesien ons in totaal vir meer as 'n maand nie 'n koerant gekry het nie, sal ons graag 'n maand se betaling wil terugkry.
Is daar 'n manier om te voorkom dat dieselfde nie weer in die toekoms gaan gebeur nie?

Date:

Company: Beeld

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google