AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Beeld - REKENING OP DATUM / GEEN AFLEWERING | #68088

Beeld
REKENING OP DATUM / GEEN AFLEWERING

Ons is al meer as 20 jaar 'n intekenaar van Beeld. Die vorige aflewering mense het nooit die geld aan Beeld oorbetaal nie en ons het besluit om die geld direk in Beeld se Bank rekening in te betaal. Gister is die koerant nie afgelewer nie en Beeld se dis omdat ons nie betaal het nie maar 'n kontant betaling is gemaak Saterdag! Gister het Beeld ons ingelig dat ons die koerant verniet kry vir 'n maand maar vanoggend is die koerant alweer nie afgelewer nie. Die persone wat aflewer is ook 'n probleem. As ons nie die koerant kry nie en jy bel Elize dan se sy "julle intekenare wil ook net altyd moan" en gooi die telefoon neer! Nee kom aan Beeld, hoe kan julle sulke slegte diens gee aan mense wat julle elke dag ondersteun vir die afgelope 20 jaar? Ek eis dat hierdie saak onmiddellik aandag geniet en as ek vanaand by die huis kom moet die koerant daar wees.

Date:

Company: Beeld

Country: South Africa   City: Germiston

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google