AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: General Motors South Africa - Corsa bakkie loop warmer as normaal | #321014

General Motors South Africa
Corsa bakkie loop warmer as normaal

Ek is vanoggend redelik warm onder die kraag... Ek het begin Dec 2013 'n tweedehandse Corsa bakkie aangeskaf. Die bakkie is in 'n puik toestand en die vorige eienaar het die voertuig mooi opgepas en gereeld laat versien by die plaaslike handelaar. Ongelukkig is daar een defek op die bakkie wat die vorige eienaar duidelik onder my aandag gebring het: Die bakkie loop effens warm. M.a.w. die hitte naald loop oor half en met die lugreeling aan en 'n baie warm dag soos dit Saterdag was teen 140 km/h; gaan le die hitte naald bo half en onder driekwart wat na my mening hopeloos te hoog is.By nadere ondersoek het ek gevind dat die riffels op die verkoeler toegespuit is met 'n hoe druk spuit ten tyde van die was na 'n diens by die handelaar. Verder het ek tot die gevolg gekom dat die anti-fries of nooit of lanklaas geruil is. Ook vermoed ek dat die termostaat nie reg oopmaak nie. Juis omdat ek die bakkie soggens laat luier vir 2 minute en dan eers ry, dan tel die hitte naald op tot by kwart; dit bly daar vir ongeveer 5 minute en dan tel dit op na half vanwaar dit gelykmatig oorgaan na meer as half.
Bogenoemde prognose is deur die vorige eienaar aan die handelaar bekend gemaak en die handel

Date:

Company: General Motors South Africa

Country: South Africa   City: Kuruman

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google