AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Zurich Insurance Company - Zurick vat 103 dae om NEE te sê | #185494

Zurich Insurance Company
Zurick vat 103 dae om NEE te sê

Op 18 April 2013 was ons besigheids bakkie in 'n botsing met 'n bees Die skade volgens die assesor was slegs aan die bakwerk, maar beloop R140 000. Na meer as 'n maand kry ons die bakkie terug, maar dadelik blyk dit dat daar meer skade was: die oliepyp lek, die bakkie begin op 80 km/h buite beheer ruk en verder spring die 5de rat uit, die "dash" het 'n duik in. Ons besigheid ly astronomiese verliese. Ons moet 'n ander bakkie leen, dubbel aflewerings doen omdat die bakkie nie gebou is om al die kuikens wat ons vervoer te kan akkomodeer nie, en as gevolg van die ventelasie sterf 2500 kuikens per week. Nadat ons uiteindelik maar self die herstelwerk betaal, net om weer met ons besigheid te kan aangaan, laat weet die assesor (Andr?) na 103 dae dat hulle besluit het die skade is nie verwant aan die ongeluk nie, aangesien die bakkie 'n trailer sleep en dit normale"wear and tear" is wat die skade aan die ratkas en propshaft veroorsaak. Nou is my vraag? Selfs die sleepwa is by hulle verseker, maar hulle het dit nooit uitgesluit nie. Die bakkie se diensrekord is op datum, en niks is tot met die ongeluk fout gewees nie. Wat van die oliepyp? Hoekom het mens dan versekering?

Date:

Company: Zurich Insurance Company

Country: South Africa   City: Coligny Pretkor

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google