Ons is gereelde kliente van Mooiberge padstal in Stellenbosh! Ons koop gereeld wyn, konfyte en vars produkte by hulle!
Vandag 27 Oktober het ons weereens hulle besoek! Toe ons terug by ons kar klim was die hele linker agter deur gekrap! Daar is letters in gekrap omtrent 20 cm groot!
Ons is dadelik terug in die winkel want hulle het Keira's in die parkering! Die eienaar se onverskilige houding het my sommer ontstel! Hy wou glad nie help nie en het ons sommer net agter toe gestuur om vir 'n ander werknemer te vra! Hy kon ons nie eers wys hoe lyk die ander werker met wie ons moes praat nie!
As die eienaar so min omgee, hoe verwag hy dat sy werknemers goeie klientediens moet lewer! Hy stel 'n baie swak voorbeeld!
0 comments