AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Bakenkop Animal Clinic - Beste diens | #247885

Bakenkop Animal Clinic
Beste diens

Ek wil net dankie se aan al die staf maar spesifiek Sr. Cindy en Dr. Alischa. Dis nou al 'n week wat my hondjie, Nikki, by hulle is en ek voel elke aand as ek daar was gerus dat my viervoetige kind in die beste sorg moontlik is. Hulle opregte gevoel en omgee, die manier waarop hulle my hondjie hanteer, en ook die ander honde daar by haar, sou mens dink hulle is elkeen die enigste daar. Maar nie net dit nie, ek word so mooi op hoogte gehou met haar vordering, en as ek iets nie verstaan nie, word dit met geduld verduidelik sodat ek verstaan wat aangaan. En bo als, dankie vir die emosionele ondersteuning, sonder dat julle weet beteken julle so baie. Moet nooit julle passie en omgee verloor nie, want julle pasiente en hulle eienaars het dit nodig!

Date:

Company: Bakenkop Animal Clinic

Country: South Africa   City: Centurion

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google