Ek het onlangs probleme onder waarborg ondervind met n Taarup mower wat deur die Jupidex groep verskaf is. Mnr Bennie Dippenaar my areabestuurder het die saak onmiddelik persoonlik opgevolg. Hy het geen moeite ontsien om my probleem op te los nie. Dit is min dat n maatskappy se areabestuurder 10uur in die aand jou onderdeel kom aflewer 300 km vanaf sy depot. Jupidex kan trots wees om n man van sy formaat in diens te h?
0 comments