AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: ATKV - Lee Beloftes | #301946

ATKV
Lee Beloftes

Goeie more,

Ek het verlede jaar aangesluit by die ATKV en na amper 'n jaar het ek nogsteeds nie my lidmaatskapkaart ontvang nie.

Ek het nou al verskeie kere u hoofkantoor gekontak en selfs my werk se posbus adres aangegee vir die aflewering van my lidmaatskapkaart.

Om alles te kroon word my tydskrif (wat ek wel ontvang) na my werk se posbusadres gestuur en nie meer my woonadres nie en die lidmaatskapkaart en of tydelike kaart is nogsteeds uitstaande.

Op die stadium is ek so moedeloos om konstant op te volg en te hoor dat dit elke keer die poskantoor se skuld is en met l? e beloftes ensovoorts, dat ek eerder my lidmaatskap wil kanselleer!

Ek kan geen besprekings maak nie, juis omrede dit so moeilik is om 'n bewys van lidmaatskap te bekom.

Ek sal dit waardeer as enige iemand my te hulp kan kom met my dilemma, indien nie wil ek graag versoek dat my lidmaatskap gestaak word as gevolg van swak diens.

Baie dankie

Vriendelike groete

Amanda Sutton

Date:

Company: ATKV

Country: South Africa   City: Head Office

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google