AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Omaramba Holiday Resort - Ook ons laaste besoek aan Omaramba | #2915

Omaramba Holiday Resort
Ook ons laaste besoek aan Omaramba

Ons was daar 31/12/12-5/1/13 en wat n telleurstelling!
Ons moes 'peak season' tariewe in n 'high season' tydperk betaal, met n prysverskil van R70 per dag, plus R10 per dag vir 'entertainment', waarvan daar na 1 Januarie geen sprake was nie! Self die warmwater swembad het koudgeword en dit was vuil. Hulle het nie eers die stompies ens langs die kant opgevee nie.
Met ons aankoms het ons n pryslys gekry -'Price List 2012/2013, met gekleurde blokke wat die seisoene aandui, asook n 2013 'Year Planner', wat duidelik wys die eerste week in Januarie was 'high' en nie 'peak' ni. Maar die kantoordame het gese syt opdrag van die baas om regdeur 'peak' tariewe te hef.
Die ablusiegeriewe is pateties en vuil. Die storte is so vuil dis om van naar te word!
Ons moes ook die heeltyd met 3 lekkende toilette en dus n gang vol water saamleef. Ook dit is nie reggemaak nie, selfs nadat ons dit gaan rapporteer het. Die laaste oggend is die water opgevee, maar eers nadat die skoonmaker gesien het ek neem fotos. Verder sit hulle heeldag onder die koeltebome en kuier. Dit lyk nie vir my asof daar enige toesig of kontrole oor die werkers is nie.
Van die 'Top Resort' in 2009, na die 'No Resort' vir ons

Date:

Company: Omaramba Holiday Resort

Country: South Africa   City: Holiday Resort

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google