AfricaComplaints.com » Education & Science » Complaint / review: Certainty Technologies - Skelm optrede van Certainty Technologies | #110336

Certainty Technologies
Skelm optrede van Certainty Technologies

Op 25 Okt 2012 het ek 'n transaksie aangegaan met Ekhard de Bruyn, 'n verkoopsman van CERTAINTY TECHNOLOGIES cc. Dit was vir 'n sagteware pakket (die SHARETRACKIN MC2 sagteware) tesame met die instellasie van die program op my rekenaar, opleiding om die program te gebruik, ens. Die bedrag was R19950 en my kredietkaart was onmiddelik met die bedrag gedebiteer.

Ek het egter die volgende dag navraag gedoen oor die maatskappy en ook op die internet inligting gekry, wat alles BAIE negatief was.

Ek het toe besluit om gebruik te maak van my reg om die kontrak binne die afkoelingstydperk van 5 (vyf) werksdae te kanselleer en ek het en ek het die maatskappy dienooreenkomstig per e-pos en telefonies in kennis gestel.

Ek het tussen Okt 2012 en Jan 2013 baie e-posse na hulle gestuur wat net ge-ignoreer was.

Die 2 persone by CT se kantoor met wir gekommunikeer het, was Corne du Plooy (uiters onproffessioneel en arrogant) en Mimette Scot, wat baie aangenaam en hulpvaardig voorgekom het, maar wie op die ou end ook nie kon lewer wat sy belowe het nie.

Date:

Company: Certainty Technologies

Country: South Africa   City: Selective House Building

Category: Education & Science

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google