AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Silverton Radiators - Twee keer herstel lek soos n sif | #39593

Silverton Radiators
Twee keer 'herstel' lek soos 'n sif

My verkoeler was nou al tweekeer deur Pretoria Noord 'herstel'. Gister toe ek die voertuig uit die motorhuis trek is daar 'n plas water onder hom.By nadere ondersoek vind ons ten minste vier lekplekke op die tweede probeerslag!

Om na die swak tak terug te gaan is nie 'n opsie nie, dit kos my en die werkswinkel net in tyd en geld om hulle brouwerk weer te laat doen.

Ek dink dit is tyd dat julle hoofkantoor betrokke raak en die eenheid laat haal, ondersoek en deur 'n bevoegde tak laat herstel en waarborg. Die voertuig se silinderkop word nou afgehaal om reggemaak te word met simptome wat verwant kan wees aan oorverhitting deur julle gemors, so moet asb nie weer net aanbeveel ek moet die gastoets laat doen nie, dit sal nie lekke herstel nie.

Date:

Company: Silverton Radiators

Country: South Africa   City: Pretoria Noord

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google