AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Stargen - Praat minder en doen meer asb! | #31156

Stargen
Praat minder en doen meer asb!

Kom terug met ons Pajero na 'n ernstige 4x4 rit deur Botswana, minus lugreeling! Stop by Stargen, Chris begin met langdradige spookstorie oor kompressor wat vervang moet word, R14 000. Na een vraag van my verander hy sy storie, R4 000 later is ons op pad. So hou die 'herstel' vir minder as 100km en daar kalf dit weer! Stop by Stargen, kry 100e woorde van Chris van "waar moet ek begin? " tot "Wat nou as hy steeds nie reg is nie? " Klim toe maar in die kar en ry, want duidelik dat 'n gewaffel op pad is. Soos ek vermoed het was die kalf te wyte aan 'n los konneksie, maar nou vries die eenheid op en die 'universal' waaier wat hy met boutjies deur die verkoeler vasgesit het wag net vir die eerste waterkruising om alles op te voeter. Weet die man nie wat die verskil is tussen 'n 4x4 en 'n padkar nie? Terwyl die saga aan die gang is neem ek my broers se Merc soontoe om 'n elektriese probleem op te los. Na die gewone gewaffel en twee dae wat verby is, bel hy my op die Vrydag emet die goeie nuus dat hy nie weet wat fout is nie en dat ek die motor moet kom haal. Reel om dit die Maandag te kom haal en toe en Maandag daar opdaag is hy so uitmekaar dat hulle eers weer aanmekaar moet sit. Sies!
(Supplier name changed from Bosch Service to Stargen by Hellopeter.com)

Date:

Company: Stargen

Country: South Africa   City: Stargen auto

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google