AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: Wimpy - Bad Attitude | #40096

Wimpy
Bad Attitude

So jammer die Wimpy is die enigste eetplek by Quagga Centre. Met 'n Bestuurder soos die een wat daar werk is dit 'n wonder daar is nog iemand wat lus het om daar te gaan eet. Vanoggend het ons as 'n groep van die werk daar gaan eet. Ons moes twee keer die dame wat ons bedien gaan roep om die bestelling te kom neem. Daarna het die 45 min geneem om 'n Wimpy ontbyt voor te berei. Met ontvangs van die kos moes die tweede groep 10 min wag vir hulle kos en toekyk hoe die ander al moes begin eet om nie koue kos te kry nie. Met die betaal van die rekening het ons gevra om met die bestuurder te praat. Die was baie ongeskik. Toe ons hom meedeel dat die diens baie swak is was sy verweer dat die kombuis 'n probleem het en hy kan nie op twee plekke gelyk wees nie so jammer vir die kliente wat moet sit en wag, hy is besig in die kombuis. Ook kan nie een van die ander personeel die verantwoordelikheid neem om vir die klient te kom vra om bietjie geduld te gebruik nie. Weereens, so jammer dit is die enigeste resturant/eetplek in die sentrum.

Date:

Company: Wimpy

Country: South Africa   City: Quagga Centre

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google