AfricaComplaints.com » Construction & Repair » Complaint / review: Builders Warehouse - PVC Reduce las | #153757

Builders Warehouse
PVC Reduce las

Ek was gister vir die eerste keer in die nuwe Builders Warehouse in Klerksdorp, die slegste ondervinding gehad wat ek nog in 'n winkel gehad het. Ek sal verseker nooit weer my voete daar sit nie.

Ek het 'n PVC Reduce pyp gaan soek - ons was half 5 daar- daar was toe 'n swart man met die naam Kagiso wat in die rak gestaan het. Ek vra hom toe of hy my kan help omdat ek nie veel van pype weet nie.Net toe ek met hom praat toe roep 'n ander swart dame hom - ook 'n werker van Builders - toe is hy meer geinteresser in die vrou as om 'n klient te help. Hy het my en my suster net so gekyk en gese hy weet nie, toe vra ek is daar iemand wat my kan help toe se hy nee en toe loop hy.

Ek weet nie of dit deel is van Builders se kliente diens nie, dit was vir my regtig baie swak. Hy het eerder saam die vrou gegaan as om ons te help. Met mense soos hy sal die plek nie goeie terug voer kry nie. Ek dink hulle moet werk aan hulle kliente diens, ek het geleer die klient kom eerste. Ek het ook al in Retail gewerk en mens wil 'n klient behou en darem probeer help al weet jy self ook nie. jy kan iemand roep wat weet... Ek sal almal afraai om daar te gaan koop.

Date:

Company: Builders Warehouse

Country: South Africa   City: Klerksdorp

Category: Construction & Repair

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google