AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: Panarottis Pizza Pasta - Uitstekende diens | #35452

Panarottis Pizza Pasta
Uitstekende diens

Ons was verlede Saterdag in Panarotti's vir ontbyt. Ons het so lekker geeet en sulke goeie diens gekry dat ons besluit het om 'n "shopping-break" te vat en weer te gaan koffie drink. Ons babatjie het gehuil. Angelique het opgemerk dat ek iets in die doeksak soek en nie kry nie. Sy het kom uitvind of sy met iets kan help. Ek het besef ek het die babatjie se kossie vergeet. Sy het 'n kelnerin Checkers toe gestuur om vir my te gaan Purity koop. Dit was nie 5 minute nie en sy was terug. Tevrede babatjie, tevrede Pappa en Mamma. Baie dankie Panarottis Mall of the North - julle is tops!

Date:

Company: Panarottis Pizza Pasta

Country: South Africa   City: Mall of the north

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google