AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Aansoek vir studentelening | #46375

Absa
Aansoek vir studentelening

Ek het aansoek gedoen vir 'n studentelnng vir my seun op die 29ste Januarie op Despatch. Die aansoek het 'n week geneem voor dit in Port Elizabeth deur die studenteleningstak ontvang is. Ek het voor die tyd geskakel om te hoor of hulle dit ontvang het en Jacky het bly opvolg met my om te hoor wanneer ek aansoek gedoen het. Ek moes heen en weer bel met tracking nommers en sak probeer opspoor. Die aansoek is na 'n week aan Lungi oorhandig om te verwerk. Sy sou my toe die middag 4 uur skakel maar het niks gehoor nie. Ek het die volgende dag weer geskakel en weer is ek belowe dat ek om half 4 geskakel sal word, wat toe weereens nie gebeur het nie. Toe ek weer skakel het 'n personneellid in die agtergrond gevra, what is wrong with this woman. We are busy with her application. Ek dink die diens is uiters swak. Is nuwe klient maar lyk nie of Absa enigsins kliente soek nie. Het tot vandag toe niks gehoor nie. Nie eens die bankier op Despatch het moeite gedoen om uit te vind of ek reggekom het nie. Sal niemand na Absa verwys nie.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Port Elizabeth

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google