AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Woolworths - Swak diens | #295330

Woolworths
Swak diens

Goeie dag

Ek wil net my misno? uitspreek in die swak diens van Woolworths!

Ek het op 11 Junie aansoek gedoen vir 'n "store card" via die internet. Het sms gekry wat aandui dat aansoek suksesvol was en dat 'n konsultant my sal kontak. Niemand het my gekontak nie. Ek het in Augustus na Woolworths by Loch Logan (Bloemfontein) gegaan om navraag daaroor te doen. Die dame wat my gehelp het, het die call centre geskakel namens my (ek is gehoorgestremd). Sy het my toe meegedeel dat my kaart vir my gepos sal word. Ek wag nou nog!

Vanoggend was ek weer by dieselfde Woolworths om maar van vooraf aansoek te doen. Na 20minute van wag, was daar steeds niemand om my te help nie. Die personeel praat onderlangs met mekaar, maar die kli? nte wat op die bank sit en wag om gehelp te word, word nie raak gesien nie. Ek vind dit uiters ongeskik en onprofessioneel!

Daar sal drasties iets aan die diens gedoen moet word en ook meer opsies vir diegene soos ek wat gehoorgestremd is en nie call centres kan kontak nie!

Groete
Willie

Date:

Company: Woolworths

Country: South Africa   City: Head Office / Bloemfontein

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google