AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Stop order still active after deactivation | #321386

Absa
Stop order still active after deactivation

Ek het my woonstel verkoop en is deur die prokureurs (Van der Spuy, Kaapstad) aanges? om die maandelikse woonstelheffing (levy) aan die bestuursagent (J.S. Penkin), wat per stoporder van my tjekrekening verhaal word, te kanselleer. Dit het ek al in Des. 2013 gedoen, nogtans is die heffing vir Januarie (R961) steeds afgetrek.

Hoe kry enige besigheid steeds toegang tot my geld, as ek hulle wettige toegang (per stoporder) by ABSA se tak in Roggebaai, Kaapstad by die ontvangstoonbank gekanselleer het? Dis verregaande! Waarvoor het ek daardie 1h30min. se werktyd verloor om in die ry te gaan staan vir niks? En nou moet ek weer gaan?!

Stop asb. die order, verhaal asb die oorblywende heffing vir Januarie (vanaf 7 Januarie toe die verkoop van die woonstel by die aktekantoor geregistreer is) dadelik by J.S. Penkin en betaal dit in my tjekrekening terug, asb.

Anton Jordaan

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Foreshore

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google