AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Sanral - SANRAL HAS NO COMPLAINT PROCEDURES AVAILABLE | #325223

Sanral
SANRAL HAS NO COMPLAINT PROCEDURES AVAILABLE

My klagte verwys na 18 Januarie. Die tolhekke op die R21 is gebruik.

Op 23 Januarie het ek by Woodlands se Sanralkantoor navraag gedoen oor wat ek skuld en die beampte se antwoord was R6.96 (afslag vir betaling voor 7 dae ingesluit). Ek het gevra of sy seker is, en sy het dit bevestig. Kwitansie 107697 uitgereik.

Op 29 Januarie weer navraag gedoen oor uitstaande tolgeld en daar is vir my aangedui dat vir die 18de Januarie daar glo uitstaande tolgeld vir 6 tolhekke op die 18de is. Toe ek vra waarom hulle nie op die 23ste vir my die bedrae kon gee nie, is eers aan my vertel dat ek by Centurion se kantoor betaal het. Na ek hulle oortuig het, is geantwoord dat die bedrae nog nie verreken was nie. Op my vraag of ek nog afslag kon kry aangesien dit hulle fout en nie myne is nie, is geantwoord dat geen afslag gegee kan word nie. Toe ek vra of die R6.96 op die kwitansie op 23 Januarie uitgereik, afgetrek kan word, is negatief geantwoord. Toe ek vra deur watter tolhek ek gery het vir daardie transaksie is geantwoord dat hulle nie weet nie, want dit is reeds betaal en verskyn nie op die rekenaar nie. M.a.w. ek moet vir een van die transaksies tweemaal betaal.

Date:

Company: Sanral

Country: South Africa   City: MORELETAPARK AREA

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google