AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Outsurance - Diens net so Outstanding soos Outsurance self! | #201403

Outsurance
Diens net so Outstanding soos Outsurance self!

My motor het sommer net uitgesny en niks kon dit weer aan die gang kry nie. Ek het in 'n baie besige straat in namiddag spitstyd tot stilstand gekom en was moedeloos. Een oproep van minder as 5min na Luzanne het egter alles verander. Dis nie net wat sy gedoen het nie maar hoe sy dit gedoen het. Die manier hoe sy my oproep hanteer het was uitstaande. Ek was so gerus gestel, sy het regtig omgegee en gehelp en nie net haar werk gedoen nie... baie meer as dit. Binne oomblikke het sy die straatnaam opgesoek waarheen my kar geneem moet word (ek kon dit nie onthou nie) en my verseker dat my geen eis bonus nie hierdeur geraak gaan word nie. Sy het nog met my gepraat toe ek haar sms kry met die eisnommer en haar besonderhede en kort daarna die details van die insleepdiens. Brother insleepdiens verdien definitief ook 'n kompliment. Hul was vinniger op die toneel as verwag en binne oomblike was my motor op die trok gelaai. Nog beter, hul sleep nie motors nie - dit word opgelaai en weggery. WOW!!! Baie dankie Outsurance vir konsultante soos Luzanne. Sy beteken verskriklik baie vir julle kli? nte.

Date:

Company: Outsurance

Country: South Africa   City: Branch

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google