AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Outsurance - Amazing services by OUTSURANCE | #244306

Outsurance
Amazing services by OUTSURANCE

Ek het 'n insident gehad waar ek raad aangaande 'n eis vir ongeluk skade nodig gehad het.
Die call centre agent was flink om te antwoord. Adele was professioneel, vriendelik en het absoluut uitmuntende diens aan my gelewer.
Wanneer iets traumaties met mens gebeur en jy het 'n empatieke, luisterende oor aan die anderkant van die lyn maak dit jou las soveel ligter.
Sy het alles vinnig en flink uitgesorteer- die afspraak met die assessor, die terugvoer, die kwotasie en die eerlike raad.
Dit was regtig 'n plesier om deur haar gehelp te word en sy is voorwaar 'n aanwins vir OUTSURANCE.
Ek hoop hulle waardeer haar- as gevolg van haar diens het ek behoorlik op OUTSURANCE se trompet geblaas toe ek terug kom by die werk en almal aanbeveel om eerder na hulle toe te gaan vir versekering.
Sy het werkilik n positiewe verskil gemaak aan hoe ek die situasie beleef het.

Weereens baie dankie.

Vriendelike groete,
'n gelukkige Outsurance klient

Date:

Company: Outsurance

Country: South Africa   City: Motor vehicle accident c

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google