AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Santam - Swakdiens van Santam | #10626

Santam
Swakdiens van Santam

My bakkie is gesteel 8 Desember2012. Volgens Santam is Wesbank uitbetaal. Volgens Wesbank het hulle nog geen betaling ontvang nie. Ek het Santam geskakel en met Rudi gepraat en 'n brief versoek om aan Wesbank te stuur. Tot op hede nog niks ontvang nie. Hy het wel my vrou geskakel en my nommer versoek. Volgens hom het Santam die verkeerde verwysing gebruik - dis mos nou nie my probleem nie.

Verder het Santam ons babstoeltjie se geld in die verkeerde rekening betaal. DIt was ook onder Santam se aandag gebring - nog geen gelde ontvang nie.

Ons is geregtig op 30dae kar huur. Ons het 9dae gebruik en toe het ons op verlof gegaan en die voertuig terug gegee. Ons het vir Santam gese as ons terugkom wil ons die res van die karhuur gebruik. Nou wil hulle nie die oorblywende 6dae wat ons nog tot ons beskikking het nie, opdrag gee vir Avis nie. Volgens hulle is die eis betaal en as hulle betaal, staak hulle die motorhuur. Dit kan mos nie so werk nie. Hoe wil hulle he moet ek 'n nuwe kar oor die feesseisoen koop - en dan nog 'n lening kry met Wesbank wat wys dat ek reeds 'n bakkie nog afbetaal wat gesteel is? Dit is uiterste swak diens en versoek ek dat bg. uitgesorteer word!!!

Volgens my

Date:

Company: Santam

Country: South Africa   City: Call Centre

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google