AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Vodacom - Swak diens | #248059

Vodacom
Swak diens

Ek het drie dae gelede 'n kontrak vir 'n laptop uitgeneem by Vodacom. Die modum wil nie werk nie. Ek het die laptop en modum vandag vir hulle geneem, hulle kry dit ook nie werk nie. Nou vertel hulle my ek moet die modum Vodacare toe neem om te toets. Dit is net die winkel langsaan. Daar sit ongeveer 20 mense en wag met net drie bemande toonbanke. Ek sit met 'n baba van ses weke by my en kan nie vir twee ure plus in 'n ry sit nie. Die vrou by vodacom wil nie help nie, volgens haar moet ek daarheen gaan om die modum te toets. Nou vra ek waarvoor moet ek betaal vir iets wat ek gekoop het wat nie werk nie? Nou is dit blykbaar my probleem om die modum uit te sorteer. Die modum is drie dae oud het was nog nie gebruik nie, waarom kan hulle nie net die modum vervang nie? Hulle kry hom ook nie reg nie. Nou wat nou??? Moet ek maar betaal vir geen produk nie? Dit is mos Vodacom se verantwoordelikheid om goed aan jou te verkoop wat werk.

Date:

Company: Vodacom

Country: South Africa   City: Bloemfontein

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google