AfricaComplaints.com » Real Estate » Complaint / review: Zodiac Pool Care - Ek sal nie weer n Zodiac stuk koop nie | #90234

Zodiac Pool Care
Ek sal nie weer 'n Zodiac stuk koop nie

Ek het 'n Zodiac Baracuda X 7 in 2009 gekoop omdat dit so baie op TV geadverteer was & toe gaan bekyk ek die produk & sien toe ook dat dit met 'n 5 jaar waarborg kom.
Ek koop toe die produk op 2009.10.28
Die ding het toe sommer binne 'n jaar begin probleme gee.
Nou val die ding uit mekaar uit & toe ek die kontak sentrum bel & vra vir iemand om na die ding te kom kyk toe word ek eers uit gevra hoe oud die ding is & dit & dat & nog wat & toe word ek gese dat die ding ge-discontinue is.
Ek kan sien HOEKOM.
Die ding het nog NOOIT reg gewerk vanaf die begin nie want dit skrop net dieselfde patroon & nie die hele swembad nie.
Toe vra die vrou wanneer ek die ding gekoop het & ek se toe vir haar & sy se toe ek moet die ding in bring na hul kantoor in Midrand toe.
EKSKUUS???
Dink JULLE dat my baas my gaan tyd af gee om DIE stuk gemors te gaan laat regmaak?
Ek het dit vir die vrou mooi probeer verduidelik maar sy wou net niks hoor van dat ek nie kan af kry om na HULLE toe te ry nie.
Vra toe vir 'n bestuurder & raai wat - die bestuurder (Reuben) is nie daar nie & "hy sal my terug bel".
Glo my - ek sal nie weer my geld & vertroue aan Zodiac toevertrou nie & ander waarsku teen Zodiac.

Date:

Company: Zodiac Pool Care

Country: South Africa   City: Midrand

Category: Real Estate

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google