AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Nashua Mobile - Swak diens | #26554

Nashua Mobile
Swak diens

Ek het op die 21ste Januarie die balans op my rekening vereffen by Nedbank en die strokie het getoon by Nashua Vaal, Drie Riviere. Vandag 30 Januarie word my foon egter gesoftlock a.g.v onbetaalde rekening. Waarop ek natuurlik die call centre skakel soos versoek is in die sms ontvang. Die call agent was arrogant en het glad nie gehoor gegee aan wat ek vir haar ges? het nie. Na meer as 'n week behoort hierdie betaling op Nashua se bank te reflekteer, nie waar nie? Aangesien ek die strokie tuis het en nie by die werk kan ek dit nie dus toe vir haar aanstuur. Sy deel toe my ook mee dat hierdie rekening oorhandig is vir legal action teen my! Hoekom my dreig as ek reeds bevestig het dat hierdie rekening betaal is. Ek kon egter nie hierdie probleem uitsorteer met haar nie aangesien sy die foon in my ore neer gesit het.

Op navraag per telefoon aan Nashua Vaal, Drie Riviere is ek meegedeel dat daar geen probleem met my rekening is en die bewys op rekord is van betaling waarop my foon weer 'unblock' is. Ek het jare lank al kontrakte met Nashua en is egter teleurgesteld oor die swak behandeling en onprofesionaliteit van mense wat hul maatskappy se beeld aan publiek voordoen.

Date:

Company: Nashua Mobile

Country: South Africa   City: Head Office

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google